FAQ/af: Difference between revisions

Content deleted Content added
Updates according to yearly refresh of Donor Support Pages
m Typos corrections
Line 128:
== Wat is Wikimedia Enterprise? ==
 
Wikimedia Enterprise is 'n beperkte aanspreeklikheidsmaatskappy in volledige besit wat derde-partye in staat stel om inhoud te hergebruik deur [[w:en:API|toepassingprogrammeerkoppelvlakketoepassing programmeer koppelvlakke]] (TPKs). Dit bied hoë volume-, hoë betroubaarheid-toegang tot Wikimedia-inhoud, ontwerp vir die behoeftes van kommersiële organisasies soos bv. soek enjins, stem assistente en nuwe tegnologie maatskappye. Deur dienste soos hierdie wat geoptimiseerd is vir kommersiële gebruikers teen betaling aan te bied, word daar verseker dat geld wat aan die Wikimedia Foundation geskenk word, gebruik word om ons vrywilligers gemeenskap en lesers direk te ondersteun. Jy kan meer oor Wikimedia Enterprise uitvind by '''[https://enterprise.wikimedia.com/ enterprise.wikimedia.org]'''.
 
== Wat is die verskil tussen die Wikimedia Foundation en Wikimedia-takke? ==
 
Die [https://wikimediafoundation.org/ Wikimedia Foundation] is die nie-winsorganisasiewins organisasie wat Wikipedia, Wikimedia-projekte en Wikimedia se missie om kennis wêreldwyd vrylik beskikbaar te maak, ondersteun. Die organisasie huisves Wikipedia en die Wikimedia-projekte, ontwikkel sagteware-ervarings om Wikimedia-inhoud te lees, daar toe by te dra en dit te deel, ondersteun die vrywilligersgemeenskappe en vennote wat Wikimedia moontlik maak, en doen voorspraak vir beleide wat dit moontlik maak dat Wikimedia en vrye kennis floreer. As sodanig voer die Foundation internasionale fondsinsamelings veldtogte uit om wêreldwyd in kennis behoeftes te voorsien.
 
[https://meta.wikimedia.org/wiki/Wikimedia_chapters Wikimedia-takke] is onafhanklike nie-winsorganisasies wat Wikipedia en ander Wikimedia-projekte in ’n spesifieke geografiese ligging ondersteun en bevorder. Hoewel die Wikimedia Foundation en Wikimedia-takke saam werk in ons missie om kennis wêreldwyd vrylik beskikbaar te maak, is hulle nie regsverteenwoordigers van die Wikimedia Foundation nie. Elke tak funksioneer onafhanklik, en het hul eie personeel, direksie en organisasie plan. Sommige takke voer ook hul eie fondsinsamelings veldtogte uit, en dit is dikwels belasting aftrekbaar in hulle land.