Problems donating/af: Difference between revisions

Content deleted Content added
Created page with "{{Support Page|title={{MediaWiki:donate_interface-problemsdonating/{{Pagelang}}}}}} ==Is hierdie webwerf veilig?== Die Wikimedia Foundation-skenkingswebwerf is uiters veilig. Nadat jy ’n banier geklik het of ’n skenkingskakel gevolg het, is die bladsy waarna jy geneem word op ’n beveiligde webwerf (https); alle inligting word geïnkripteer en hanteer volgens die hoogste standaard van databeskerming. ==My voorkeurbetaalmetode word nog nie deur die Wikimedia Founda..."
 
mNo edit summary
 
(4 intermediate revisions by the same user not shown)
Line 11:
 
* Jou krediet-/debietkaart moet vir internasionale gebruik geaktiveer wees. Kaarte wat slegs in die land (AKA-binnelandse kaarte) gebruik kan word, sal dalk nie op hierdie tydstip aanvaar word nie. Kontak asseblief jou bank en versoek internasionale toegang om geaktiveer te word.
* In die EU/VK is daar groter fokus op sekuriteit, waar sommige banke vereis dat ’n PIN-kode met jou kredietkaart geassosieer word (3D Secure). As jy nie ’n PIN het nie of die PIN was verkeerd, kan dit moontlik verklaar waarom ’n betaling geweier is. Bespreek dit asseblief met jou bank.
* Kredietkaarte van die Verenigde State, Verenigde Koninkryk en Kanadese kredietkaarte sal egter slegs in hul land van herkoms aanvaar word.
* Nie alle virtuele kaarte word egter tans aanvaar nie. Virtuele kaarte word gereeld vir aanlynaankope gebruik om jou fisiese kaart se sensitiewe inligting te beskerm. Wees egter verseker dat ons skenkingsverwerking gerugsteun word deur verwerkers wat professioneel en ten volle nakomend is en dat jou inligting uiters veilig is. As jou virtuele kaart dus afgekeur word, probeer asseblief om eerder ’n tradisionele krediet-/debietkaart te gebruik.
* As jy jou debietkaart gebruik, let asseblief daarop dat die sekuriteitskode (CVV) opsioneel is. As u debietkaart nie ’n CVV het nie, slaan net daardie veld oor.
* Jou bank het dalk die transaksie gevlag. Dit is veral waarskynlik as dit die eerste keer is dat jy jyaanaan Wikimedia skenk. Bel asseblief jou bank en versoek hulle om toekomstige transaksies aan Wikimedia te deblokkeer sodat jou toekomstige skenkings verwerk sal word. As jou bank of kredietkaartmaatskappy nie in staat is om die oorsaak van jou probleem te identifiseer nie, kontak ons asseblief by [mailto:donate@wikimedia.org donate@wikimedia.org]<ref name="zd"/>. Vir jou sekuriteit, moet asseblief nie kredietkaartnommers by jou e-pos insluit nie.
 
==Waarom is my PayPal-donasie afgekeur?==
 
As jou PayPal-donasie afgekeur is, of jou herhalende intekeningskenking is gekanselleer, kontak asseblief [https://www.paypal.com/cgi-bin/helpscr?cmd=_help&t=escalateTab PayPal-kliëntediens] vir meer inligting. Jy kan ook direk vir PayPal skakel by 888-221-1161 of 402-935-2050 as jy vanaf buite die VSVSA skakel. Hier is ’n paar algemene redes waarom skenkings misluk:
 
* PayPal vereis soms ’n rugsteunbetaalmetode om verskeie redes, soos om ’n maandelikse bestedingsdrempel te bereik of ’n oorplasing uit te voer. Jy kan dit oplos deur ’n rugsteunbetalingsmetode by jou rekening te voeg.
Line 39:
==Hoe kan ek my herhalende skenking opdateer/kanselleer?==
Vir instruksies oor die kansellasie of opdatering van herhalende betalings, sien asseblief: '''[[{{LocalPage|Cancel or change recurring giving}}|Kanselleer of verander herhalende skenking]]'''.
 
==Waarom is die bedrag op my bankstaat meer as die bedrag van my skenking?==
Daar word geen transaksie fooie gehef deur die Wikimedia Foundation of die maatskappye wat ons gebruik om krediektaarte te verwerk nie. In sommige gevalle kan banke egter oorgrens- en buitelandse transaksie fooie hef. Ons streef daarna om sulke gevalle tot die minimum te beperk, en ons vra om verskoning indien jy sodanige fooie moes betaal. Aangesien ons nie self daardie fooie hef nie, kan ons dit nie aan jou terug betaal nie, maar as jy wil hê dat jou skenking terug betaal moet word (sodat die terugbetaling jou gedeeltelik vir daardie fooie vergoed), stuur gerus ’n e-pos aan '''[mailto:donate@wikimedia.org donate@wikimedia.org]'''<ref name="zd"/>.
 
==Sukkel jy nogsteeds?==